Description
Op die AS-HOOP
Bemoediging uit Psalms
Ernst Endres het sy doktorale graad in teologie by UP verwerf en is al die afgelope 30 jaar dominee by die NG Kerk Wonderpark. Hy beweeg naby aan sy gemeentelede en het ‘n besondere band met hulle. Vele van hulle het hy gedoop en getrou en weer hulle kinders gedoop. Covid-19 het sy gemeente hard getref hy moes oor hierdie twee jaar oor die honderd lidmate begrawe. Hy en sy gemeente het op die ashope en modderbaddens van die lewe gesit. Die verliese wat hulle in die Covid-19-tyd ervaar het, was enorm. En tydens hierdie tye het hy sy gemeente bemoedig uit die psalms. Hy het vir hulle uit die Psalms gebid en daaruit geseën. Psalms is ons reisgenoot deur die lewe totdat ons in die huis van God arriveer. Ernst het die vermoë om die digters wat Psalms geskryf het se boodskap vir sy gemeente oop te breek in verstaanbare taal sodat hulle uit die modderbaddens God kan prys en in die ashope hoop en troos kan vind. Hy moedig gelowiges aan om in die na-Covid-19-tyd te jubel want God leef en gee om vir ons.







Reviews
There are no reviews yet.