Description
Op reis saam met God die Vader, Jesus en die Heilige Gees
Die misterie van die drie-eenheid
Christene oor die algemeen glo in God die Vader, Jesus en die Heilige Gees, maar die praktiese begrip oor die Drie-eenheid is vaag.
Die verstaan van die Drie-Eenheid is belangrik en relevant vir ons alledaagse lewens, want kennis oor die Drie-Eenheid help ons om God in Sy kompleksiteit te leer ken en lief te kry.
Dit het ‘n invloed op hoe ons bid en hoe ons met andere oor God praat. Die Drie-Eenheid beteken dat God nie ver van onbetrokke is nie.
Die drie-eeneheid help ons om die manier waarop ons oor ons redding dink en vorm.
Die Drie-Eenheid voorsien ons van ‘n model hoe om gesinslede van ‘n familie te verstaan as ten volle gelykwaardiges wat mekaar met respek behandel. elke gesinslid het sy 9of haar eie rol binne die familie. hierdie rolle en verhoudings word uitgewerk volgens die struktuur wat God ontwerp het om Hom te weerspieĆ«l.
Annelize help lesers om die Drie-Eenheid te verstaan deur dit kort en eenvoudig te verduidelik. Terwyl ons nie die diepte en breedte van die Drie-Eenheid kan verstaan nie mag ons weet hoe belangrik die misterie van die Drie-Eenheid in ons verlossing en alledaagse lewens is. Sy bespreek ook die onderlinge verhouding tussen die Drie-Eenheid, elkeen se onderskeidende rolle en gee ook aandag aan praktiese vrae soos tot wie moet ons bid – die Vader of die Seun of die Heilige Gees?
Annelize Endres het haar PhD in Praktiese Teologie behaal aan die Universiteit van Pretoria. Sy kan gekontak word by info@trauma-therapy.co.za.
(Softcover p )







Reviews
There are no reviews yet.