Description
Gesonde seksuele ontwikkelling 0-12 jaar
Die Net-generasie is die eerste generasie wat grootword in ‘n tegnologiese wêreld waar byna alles gerekenariseerd is. Hulle gebruik nie net die tegnologie soos die ander generasies voor hulle nie – hulle lééf dit. Derhalwe bied die opvoeding van hierdie generasie groot uitdagings aan hulle ouers. Die uitdagings is soveel groter omdat die wêreld waarin ouers grootgeword het radikaal verskil van die een waarin hulle kinders grootword. Ouer volwassenes is eers onlangs gekonfronteer met Facebook, Myspace, selfone, Mixit, iPods en die internet. En alhoewel daar by die meeste ouers die begeerte is om vir hulle kinders ‘n gesonde seksuele klimaat te skep, tas hulle dikwels in die donker rond omdat hulle self verward is rondom hierdie tegnologiese toerusting en selfs rondom hulle eie seksualiteit. Ook worstel ouers met vra soos: “Hoe kan ons vir ons kinders ‘n gesonde klimaat skep sodat hulle seksueel gesond kan ontwikkel in die tegnologiese era?” Watter gesprekke behoort ons met ons kinders te voer oor seksuele sake en op watter ouderdom moet ons met ons seksuele onderrig begin?
(Softcover p 120)
Reviews
There are no reviews yet.